|
Kind van God, kindtjie van my
Waar lê jou hart, en is dit vry?
Sonder kommer, sonder seer
Ek sou alles gee om dit te keer
Ons probeer so hard om jou te kry
Maar vrywillig gewaar ons die slegte gety
Waar is my God? Waar is my kind?
Jou koers het verander, nou teen die wind
Gaan jy kwaad wees, sonder my hier
Die bitter, die sout en baie suur
Jou pad is nou krom maar ek sal jou kom haal
Dalk nie vandag, maar ek sal nie vaal
Hou aan glo, die lewe is mooi
Net nie vandag, vandag is te rooi…
Kind van God, kindtjie van my
Ek sou alles gee om jou te bevry…
|