|
Hoe sal jy jouself ooit die reg gee om oor die liefde te skryf, as jy nie uit jou eie hart kan skryf,praat en leef nie. Ek dink vandag dat ek dit dalk nooit te maklik gehad het nie, maar hoe kon ek geweet het. Sou ek myself geglo het oor dit wat ek onder skryf oor my eie ervarings, of sou ek steeds blindelings 'n persoon liefgekry het wat my nie wou hê nie...Liefde is nie ‘n kompetisie tussen mense om te kyk wie beter (of tot wat die ooglopende keuse) moet wees nie.
Liefde is werklik blind, dit kyk nie na hoe jy lyk, wat jy doen, hoe lief iemand jou het, of tot hoeveel talente iemand het nie.
Die hart vertrou homself bloot toe aan wie hy wil, of jy nou 'n rockster is of nie.
Die Christelukie ding is om altyd eerste te kyk na wat die Bybel oor Liefde sê, maar nou vra ek... Is dit werklik ‘n keuse om lief te hê, of het jy bloot net iemand lief oor jou hart so sê.
Hoe hard moet ons werklik werk om iemand lief te hê en dit te wys. As jy vandag baie hard moet werk om iemand liefde te wys wonder ek hoe natuurlik lief jy daardie persoon het, en hoeveel van dit is aangeplak en regtig moeite...
Liefde bly en is altyd vreemd, ek glo vandag bloot nie meer aan al die geweldige harde werk nie, jou hart sou die moeite vir jou niksgewend gemaak het, jy sou nie eers geweet het dis sulke harde werk nie. Dit kan dalk wees dat almal wat dink liefde is sulke groot werk, maar net bitter is oor al die werk, en bloot opgegee het op ware liefde en konneksie, maar ek kan verkeerd wees...
Dalk is dit maar net hoe mens die seer en verwerping hanteer. Alles kon dalk eg gewees het? Wie sal ooit weet...
|